Local newsNews

VIDEO: Musiek en staaltljies uit die vreemde

Eregaste het oor Nederland en Turkye gesels en lede betower toe ’n variasie musiekinstrumente gespeel word.

VIR die dames was dit ’n genotvolle oggend met ’n musiekale toer om die wêreld en staaltjies uit Nederland en Turkye.

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Goue Suide Streek, Brackenhurst, het op 1 November hul 33ste verjaarsdag by die Brackenhurst NG-kerk gevier.

Twee eregaste het oor Nederland en Turkye gesels en die gaskunstenaar, Paul Potgieter, het die dames betower deurdat hy verskeie musiekinstrumente bespeel het.

Nadat die vergadering geopen is, gaste verwelkom is, verjaarsdae aangekondig is en die gelukkige trekkings gedoen is, is Trix van der Walt en Paul Potgieter as die dag se spreker en eregas bekendgestel.

PANFLUIT: Paul speel sy self-gemaakte panfluit al te mooi.

Die studierigting van dié vergagdering was ‘Internasionaal’.

Trix het oor Turkye en Nederland (haar tuisland) gesels terwyl Paul met sy stewige variasie van musiekinstrumente, wat hy pragtig vlot kan speel, gespog het.

Trix het haar gesprek met Turkye begin. Sy het vertel hoe dit tussen twee kontinente gedeel is, en ten spyte daarvan dat die land 100 persent Moslem is, het hulle verskillende subkulture wat dikwels politieke onrus veroorsaak. Sy het ook oor die beknopte, kleurvolle Turkse markte gepraat en vertel dat ‘n mens nie skaam moet wees om pryse af te stry nie.

Sy het ook genoem dat talle moskees om elke hoek en draai pashminas (tradisionele Moslemdrag vir vroue) verkoop en hoe vroue as onderdanig in hul kultuur beskou word. Sy het ook genoem dat ten spyte van die kontroversiële land en kultuur, skort daar niks met hul infrastruktuur en vevoerstelsel nie – dit is van uitstekende gehalte.

MOOI FLUITMUSIEK: Paul Potgieter se vertoning op die dwarsfluit van soliede silwer het die dames in vervoering gehad.

Trix het later Nederland bespreek en sy het sommer baie opgewonde en geanimeerd geraak. Sy was ook nie skaam om oulike sêgoedjies in haar moedertaal met die gehoor te deel nie – dié het ’n glimlag op baie se gesigte gesit.

Sy het ’n interessante feit genoem – Holland en Nederland is nie ’n eenderste ding nie; Holland is net die ekonomiese maghuis stad in die land wat Nederland genoem word.

Sy het die gehoor van die Nederlandse duike, en hoe stygende seevlakke ’n bedreiging daarvoor inhou, vertel.

LEER OOR LANDE: Die gehoor luister aandagtig na Trix se geanimeerde gesprekke oor Turkye en Nederland.

Sy het ook die vervoerstelsel bespreek en het gesê dat, ten spyte van die feit dat dit baie duur is om te gebruik, die kwaliteit daarvan absoluut uitstekend en die geld werd is.

Met hartseer in haar stem het sy vertel dat Nederland al hoe meer goddeloos word, kerke toegemaak word en kerkorrels word na Sjina uitgevoer. Sy het van die tradisionele Delft-kuns van Nederland gepraat en ook vertel van die 13 verskillende dialekte waarmee die land spog.

Paul Potgieter het die gehoor met sy meesterlike musiekvaardighede stomgeslaan. In totaal het hy 13 verskillende instrumente gespeel wat onder andere panfluit (wat hy self gemaak het!), dwarsfluit, konsertina en harmonika ingesluit het.

VIDEO:

Hy het menige tradisionele liedjies van Turkye, Lichtenstein, Skeba en ander lande gespeel. Dit was ’n musikale toer om die wêreld en “lekkers vir die ore”.

Anna-Marie du Plooy het die vergadering met ’n VLU-gebed afgesluit en almal het daarna ’n koppie tee en heerlike Nederlandse verversings geniet.

As jy enige navrae het of belangstel om by die VLU Goue Suide Streek aan te sluit, skakel gerus vir Susie du Plooy op 082 465 0044.

NEDERLANDS: Die verversingstafel was vol Nederlandse happies en lekkers en volgens die Delft-kleurtema versier.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button