News

Poppekas by LewenSentrum

Lollos en Lettie, twee poppe, het die kinders geleer hoe om gesond wees op 'n lekker manier.

ALBERTON LewenSentrum was een groot plesierigheid met die besoek van Lollos en Lettie op 26 Oktober.

Lollos en Lettie het die kinders van Alberton en ander areas so speel-speel deur ‘n poppekas vermaak met stories, sang en dans en so is daar deur die oggend met groot pret sommer baie geleer oor gesond leef.

Vir ‘n uur lank het ouers en kinders (sowat 1 500 van die kleingoed) geleer waarom dit gesonder is om eers jou tamaties te eet voordat jy die Smarties nadertrek. “Maats ons moet almal gesonde lyfies hê en oefening is baie goed vir ‘n mens,” het Lollos gesê.

Die akteurs het ook verduidelik dat kieme nie goed is nie en dat die kinders elke dag hulle tande en lyfies moet was sodat kieme nie kan bestaan nie.

Daar was ook koeldrank, lekkers, juweliersware, speelgoed, DVD’s en CD’s te koop. Almal het saam gedans en gesing en selfs die ouers het dit geniet om saam met hulle kinders te leer op ‘n lekker manier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button