Local newsNews

Wie nie waag nie sal nie weet nie

Leerken Elsi Rademeyer (24).

 

VAN kapsels en kleursels en verlengingstukke kan jy dié jong haarkapper min vertel!

Elsi Rademeyer (24) is al vir twee jaar lank ’n haarkapper in Alberton en dit is haar passie om mense te mooi te maak.

Sy is in Alberton gebore en is die jongste van drie kinders. Elsi het in 2011 by Hoërskool Alberton gematrikuleer.

Daarna het sy dadelik as ’n haarkapster begin werk en toe drie jaar gelede The Image in Hennie Albertstraat, Brackenhurst oorgeneem. Elsi het al vele mense se hare vir onder andere troues, modelwerk en partytjies gedoen. Haar besigste dag was agt kliënte waar sy hare moes kleur, sny, styl en blaas.

PRAGTIG: Hier is die mooie Elsi Rademeyer.

Uitdagings bring kreatiewe denke

Die lekkers deel van haar werk is die verskillende mense wat sy ontmoet en uitdagings vir haar is colour matching. Met ander woorde om hare by haarverlengings te laat pas. “Ek moet ook bysê dat dit soms ’n uitdaging is as mense prentjies bring en presies hulle styl soos daai prentjie wil hê,” het sy gesê.

Haar lekkerste uitdaging nog ooit was om ’n kliënt se hare verskillende kleure te kleur, soos sy dit noem haar unicorn hairstyle.

NOG EEN: Elsi Rademeyer besig met een van haar vriendinne se hare .

Die mooie donkerkop se doelwitte as ‘n haarkapper is om oorsese tendense na Suid-Afrika, en natuurlik Alberton toe te bring. “Ons moet meer kreatief wees en meer kanse met haarstyle waag,” het sy gesê.

Elsi se salon is so effens anders as die normale. “My salon het so vibey atmosfeer en ek wil regtig hê my kliënte moet hier kom wegbreek en net tyd vir hulself hê,” het Elsi gesê.

Oor dit en dat

’n Droom van haar is om ’n joernalis te wees omdat sy baie daarvan hou om na mense se stories te luister en sy hou ook van skryf. “Ek is gelukkig waar ek nou is en ek ontmoet soveel amazing mense en elke dag is net vir my ’n plesier,” het sy gesê.

Volgens Elsi hou sy baie daarvan om in haar vrye tyd inkopies te doen, te oefen en saam familie en vriende te kuier.

VERLIEF EN VERLORE: Jaco Lottering en Elsi Rademeyer is al vir twee jaar lank ‘n paartjie.

Wat mense nie van haar weet nie is dat sy eintlik links is en ook baie bang vir haaie is.

Vir iemand wat in Alberton grootgeword het mis sy dit die meeste om buite te kon speel en in die straat te kon fietsry.

Iets wat sy aan die wêreld sou wou verander het, is om Amerka nie so ver te maak nie. “Ek bedoel ek sou dit nader wou hê sodat mense meer plekke teen goedkoper kan besoek,” het Elsi gesê.

Mense en dinge wat saakmaak

Sy is ook al twee jaar lank dol verlief op haar kêrel, Jaco Lottering.

Haar ouers, Coert en Elaine, is haar grooste inspirasie in die lewe omdat hulle altyd daar is om haar te ondersteun en moitiveer om ’n beter mens te wees.

Kylie Jenner, ’n bekende familie-lid van die Kardashians is een van haar rolmodelle omdat sy nie net mooi is nie, maar al so baie bereik het.

OP HAAR BESTE: Elsi Rademeyer het ’n passie om ander se hare te doen.

Doelwitte vir Elsi as mens is om dalk nog te trou en kinders te kry. “Ook om net suksesvol en gelukkig te wees,” het sy bygesê.

‘Met God is alles moontlik’ is waarby sy daagliks lewe en haar moed opbou.

Op die vraag van sal sy dié werk vir ander aanbeveel het sy gelag en gesê sy sal, maar mense moet weet dit is harde werk en ’n mens is heeldag op ’n mens se voete.

HAAR GUNSTELING: Hier is die ‘unicorn style’ waarvan Elsi Rademeyer so baie hou.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button