School sportSport

Laerskool Randhart netbalspan as beste in Suid-Afrika aangewys

So dit was vir die Albertonners persoonlik.

LAERSKOOL Randhart in Alberton se o-12 span is onlangs as die Suid-Afrikaanse netbalkampioene gekroon.

Op 29 Julie, by Hoërskool Dr. E.G. Jansen, het die span netbal sterretjies vir Laerskool Vastrap geklop om die titel as Gauteng se beste te vat.

Wat die wen selfs meer betekenisvol maak en wys watse wengees die span besit, is die feit dat Vastrap hulle vroeër in die reeks geklop het. So dit was vir die Albertonners persoonlik.

Volgens me. Steenkamp, die span se afrigter, wat al vir 10 jaar by Randhart afrig, het die span se hart en samesyn gemaak dat hulle sulke sukses behaal en dit ten spyte van die feit dat hulle spelers van die kleinstes in die reeks was.

“Dis nie die beste speler wat die span maak nie, maar die span wat die beste spelers maak,” sê sy trots.

Jané Mulder, die span se kaptein en Springbok legende Japie Mulder se dogter, sê dat die span baie hard geoefen het, veral in die vakansie en het gereeld teen ouer kinders gespeel, asook teen ‘n volwasse aksie-netbalspan.

“Ek wil net baie dankie sê vir al my spanmaats se vriendskap. Ons speel vir mekaar en ek glo dis hoekom ons so suksesvol is,” sê die oulike klein netbalster.

KAMPIOENE: Die fantastiese o-12 netbalspan wat Gauteng se beste is. Voor: Erin Pieterse, Jané Mulder, Rioné Bole en Zanique Swanepoel. Agter: Me. Steenkamp, Marleen van der Merwe, Charissa Botha, Caitlyn Grobler en Crystal Butler.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ‘n Alberton-span hierdie groot mylpaal bereik. Werklik ‘n groot prestasie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button