School sportSport

Hoërskool Alberton Rugbyspanne presteer

Allies het die fikser van die twee spanne gelyk en hulle samespel asook balhantering was baie mooi om te aanskou.

HOËRSKOOL Alberton het 3 Junie op sy tuisveld teen die Hoërskool Randburg te staan gekom in hul wedstryd om die Goue Leeus Liga.

Die Allies het hulself goed van hul taak gekwyt en al hul spanne, behalwe die o-16 span, het gewen.

Allies se eerstespan storm nog voort in die liga en Randburg was die naweek die nuutste slagoffer.

Alberton het binne die eerste 18 minute drie drieë ingepalm, Gerard Job (losskakel), Ruben van den Berg (skrumskakel) en Jonothan Potgieter (heelagter) het almal agter die doellyn gaan kuier. Al die drieë was verdoel deur Ruan Muller (binnesenter). Allies het gebieds- sowel as balbesit oorgeneem en voordeel geniet. Hulle het ook teen ‘n vinnige tempo gespeel en Randburg het gesukkel om in die wedstryd te kom.

Allies het die fikser van die twee spanne gelyk en hulle samespel asook balhantering was mooi om te aanskou. Alberton het laat in die eerste helfte van die wedstryd ‘n geelkaart gekry waar hul vleuel, Kallie Grung, die teenstander van voor vasgevat het en die bal vanuit sy arms gepluk het.

Die skeidsregter het egter die aksie as ‘n hoogvat beskou en die geelkaart uitgepluk. Die toeskouers sowel as die afrigters van Allies was van mening dat dit glad nie die kaart verdien het nie. Hulle het egter die situasie geïgnoreer en kort daarna geantwoord met ‘n vierde drie om hul bonuspunt te verseker.

In die begin van die tweede helfte het Randburg goed begin en self agter die doellyn gaan kuier weens goeie hande en balverspreiding deur hul agterlyn.

Allies is egter kort daarna weer voltallig en het vining toegeslaan met ‘n volle agterlyn beweging waar hul linkervleul, PJ van der Merwe oor die doellyn geseil het. Die drie is verdoel deur Ruan Muller, maar hy is kortliks daarna met ‘n geelkaart van die veld gestuur weens ‘n onwettige pooitjievat.

Randburg het die voordeel gebruik en so bietjie druk op die Allies geplaas en het ‘n strafskop afgedwing wat vinnig gevat is deur hul skrumskakel wat dadelik in Allies se losskakel vasgehardloop het; dié het in die hitte van die oomblik ‘n duikslag uit gevoer en die Allies is weer gestraf met nog ‘n geelkaart .

Alberton moes toe klaarkom met 13 spelers op die veld, maar hulle het gesorg dat hulle nie gaan lê nie en die blitsige reserwe-flank, Thomas Duvenhage, het krag gewys om oor die doellyn te boender vir ‘n drie wat nie verdoel was nie, en wat die telling op 38-vyf in die Allies se guns gebring het.

Die wedstryd was vandaar baie los, tot die twee spelers van die Allies vanuit die koelkas terug gelaat is op die veld. Allies het weer soos vroeër in die wedstryd met al die balbesit gespeel maar dit nie in punte omskep nie. Daar is laat in die tweede helfte ‘n gevaarlike duikslag uitgevoer deur die Allies se slot wat ‘n rooikaart verdien het en gekry het, maar dit was vir almal te sien dat dit nie opsetlik was nie en die twee manne het blad geskud voor die gestrafte Albertonspeler van die veld af is.

Allies se eerstespan beleef goeie vorm in die liga en kwalifiseer reeds vir die uitspeelwedstryde.

Alberton moet net kophou onder druk en sorg dat die geniepsige spel uitgeskakel word. Die Allies afrigters is ervare manne en hulle sal bewus wees van wat hulle moet doen.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button