Local newsNews

Wynveiling propvol vermaak

Die aand het goeie steun geniet en gaste het hul harte sowel as hul beursies oopgemaak om die kerk te ondersteun.

DIT was een gesellige samekoms waar die gemeenskap van Alberton byeen gekom het om fondse vir die kerk in te samel. Die NG Kerk Alberton-Wes gemeente het op Donderdag, 16 Maart, ‘n wynveiling by Alberante BMW gehou om fondse vir die kerk in te samel.

AAN DIE WOORD: “Blou Willem”, van Die Beeld koerant, was gasspreker vir die geleentheid en het gesorg vir baie gelag.

“Die wynveiling is deel van ons jaarlikse fondsinsameling waarvan die wins aangewend sal word vir bybels, kosaankope vir die minder bevoorregte en om hulp te verleen in ons gemeente,” sê Deona Bernard, saakgelastigde vir die kerk.

GOEIE STEUN: Die gemeente kom saam vir die kerk.

Die aand het goeie steun geniet en gaste het hul harte sowel as hul beursies oopgemaak om die kerk te ondersteun.

REG VIR DIE AAND: Dominee Deon an Anél Louw voor die begin van die veiling.

U mag ook belangstel in:

Liewe Heksie kuier by die NG Kerk in Verwoerdpark

NG Kerk word 100

NG Kerk Brackenhurst verwelkom nuwe dominee

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button