Local newsNews

Reën bring groot skade in Randhart

Die Coetzee-paartjie het baie skade opgedoen.

“EK het wakker geword op Maandag, 12 Desember, om 02:00 met die klank van water wat in ’n rivier afstroom,” het Dwayne Coetzee gesê.

Hy en sy vrou, Alecia, woon in Toon van der Heeverstraat, Randhart, en na die swaar reën is hul huis erg beskadig. Die water in hul huis was 200mm hoog en hulle moes dadelik ontruim.

“Ons het gelukkig versekering, maar daar is mense in die straat wat nog meer skade opgedoen het. Ons gaan ons matte, plafonne, klere, tafels en banke moet vervang. Tien mense het ons gehelp om meeste van die water uit te kry en skoon te maak. Die riool het deur die bad se afvoerpyp en by die toilet uitgekom.”

Skade word bereken tussen R300 000 en R400 000. Dwayne het ook aan die RECORD vertel dat dit alles na ’n uur se reën gebeur het. Daar lê ’n vlei agter hul huis. Die paartjie slaap tans by familie-lede oor omdat hulle glad nie by hul eie huis kan slaap nie.

“Toe ons die oggend in die een vertrek van die huis kom, het ek besef dat die krag nog aan is en dat een van die kragproppe alreeds onder water was. Ek het dadelik gehardloop en die kragboks gaan afsit. Hoe ons nie geskok was nie, weet ek nie.

“Soos mens afry in dié straat kan jy sien dat mense se mure beskadig is en ons het ook gesien dat van die inwoners se voertuie beskadig is.”

**Note to layout – please use video online filler

Kyk die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button