Local newsNews

Marga kuier in Alberton

Moet nie die volgende vergadering misloop nie.

”VAN toeka tot nou” was die tema van die onlangse vergadering van die Albertonse Damesklub (ADK), met niemand anders as Marga van Rooy om die dames daaroor in te lig nie

“Ons ken vir Marga beter as Ella, die ma van Worsie, van Molly en Wors, op Kyknet – en het die arme vrou nie swaar gekry nie,” het die voorsitter, Trix van der Walt gesê.

Die gesoute akrtrise het met die jare op die kassie en ook op die grootskerm in talle Suid-Afrikaners se harte gekruip.

Sy het haar loopbaan as aktrise in 1960, by die destydse TRUK, begin.Van die bekendste films waarin sy onlangs te siene was, is Fanie Fourie’s Lobola, Die Windpomp, en Vrou soek Boer.

Marga is ook bekend vir haar talle eenvrou-vertonings waarmee sy deur die land toer. Sy het saam met haar dogter, Henriëtte, die aangrypende boek, Marga & Henriëtte, in die skadu van skitsofrenie, geskryf.

Sy het lede vertel dat daar ‘n nuwe reeks programme van Molly en Wors opgeneem gaan word, wat almal se lagspiere deeglik sal prikkel.

Die volgende ADK vergadering vind plaas op 10 November, en Franz Geldenhuys gaan ‘n spesiale musiekprogram aanbied wat almal sal voorberei op die naderende Kersfees. Belangstellende vroue kan vir Dini by 082 552 4683, of vir Trix 083 449 5446 skakel, as hulle die geleentheid wil bywoon.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button