NewsSchools

Dinamika leerder blink uit

Calvin Venter, ’n matrikulant, is ’n uitblinker op vele vlakke en is hiervoor vereer toe die skool hul prysuitdeling op Vrydag, 14 Oktober gehou het.

’n Hoërskool Dinamika leerder is onlangs met verskeie pryse vereer by die skool se prysuitdeling.

Calvin Venter, ’n matrikulant, is ’n uitblinker op vele vlakke en is hiervoor vereer toe die skool hul prysuitdeling op Vrydag, 14 Oktober gehou het.

Calvin spog met die volgende toekennings: sertifikate vir toerisme, gasvryheidstudies en gasvryheidstudie Olimpiade, sowel as meriete vir hoteldiens, trofee vir beste vakprestasie vir gasvryheidstudies en vir beste vakprestasie vir geesteswetenskap.

Boonop het hierdie talentvolle jongman ook balkies vir akademie en hoteldiens, ’n silwer varing-toekenning vir akademie en ’n goue palmiet-toekenning vir uitsonderlike prestasie in buitemuurse aktiwiteite ontvang. Die goue palmiet is ook aan hom toegeken vir sy deelname aan die Johannesburg Culinary and Pastry Studio-kompetisie waar hy die “Chopped”-uitdaging gewen het.

“Ons is baie trots op hom en ons wens hom alle sterkte toe met die eindeksamen wat nou voorlê,” het sy ma, Ronel Venter, gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button