Local newsNews

VLU-tak kry ’n kykie na die ander kant van die gereg

Die vroue het baie geleer op die uitstappie.

SEWENTIEN opgewonde vroue van die VLU Brackenhurst-tak het op Woensdag, 14 September, ’n besoek aan die Palmridge Landdroskantore en -hof gebring.

“Vir die meeste van ons was Palmridge net ’n naam waarvan ons in koerante lees of oor die radio hoor. Ons het die voorreg gehad om deur senior landdros Martin Kroukamp, op ’n ‘toer’ deur die gebou geneem te word. Hy het ons waardevolle inligting gegee in verband met die prosedures en werkinge van die verskillende afdelings, byvoorbeeld die familie- en kinderhof en ook die verskil tussen die streekshof en die distrikshof,” het Susie du Plooy, voorsitter gesê.

Met groot geduld het Martin die vroue se vrae beantwoord, vir hulle ’n hofsaal met trappe na ’n sel gewys en ook die kinderhof wat op daardie stadium nie in gebruik was nie.

Een van die VLU se doelstellings, naamlik volwasse opvoeding, is beslis tydens die uitstappie bereik, want hulle het die gebou as baie beter ingeligte vroue verlaat as toe hulle daar aangekom het. Vir meer inligting, skakel Anita Liesching by 083 457 6332.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button