Local newsNews

Laurika Rauch ontvang FAK-toekenning

Gesogte toekenning is 'n bewys dat Laurika Rauch Afrikaans se liedjie-liefling is.

LEES jy deur haar biografie is daar die stukkie waar Laurika Rauch skryf dat Katinka Heyns “blykbaar van my gesê het dat ek moet sing – nie biefstuk bedien nie.”

Hierdie was in die tyd toe Laurika deeltyds as kelnerin gewerk het om die pot aan die kook te hou.

Maar hoe waar was daardie woorde nie, want, tydens ‘n presitge oorhandiging aan Laurika in Alberton, op Vrydag, 9 September, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK) se besturende direkteur, Danie Langer, gesê: “Laurika het vir Afrikaanse musiek gedoen wat NP van Wyk Louw vir Afrikaanse letterkunde en Eugéne Marais en Ingrid Jonker vir Afrikaanse poësie gedoen het.

”Om die rede is vanaand se oorkonde nie nog ‘n toekenning nie. Eerder ‘n beskie dankie aan een van ons grootste musieklegendes.”

En wie sal ooit die ongekende sukses van Kinders van die Wind vergeet, wat Laurika se loopbaan laat vlamvat het en waarna sy vele treffers die lig laat sien het.

Daarom dan is dié oorkonde vir haar lewenslange bydrae tot die bevordering van Afrikaanse musiek te midde van ‘n groot musiekfees, tydens die Cantare Kinderkoor se konsert, aan Laurika oorhandig.

Kunstenaars wat tydens die konsert opgetree het, sluit in Coert Grobbelaar, Cantare Kinderkoor, Harmonia Meisieskoor sowel as skoolkore van Leeuwenhof Akademie, Laerskool Dalmonder, Laerskool Randhart en Laerskool Elspark.

Die kore het, onder andere, bekende liedjies van Laurika gesing, om so hulde te bring aan haar, vir haar bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf.

KYK: Laerskool Randhart se kooroptrede tydens die funksie:

So bietjie oor Luarika:

Sy is gebore in Pinelands, Kaapstad, op 1 November 1950, en het op vyfjarige ouderdom begin klavierlesse neem. Op 10 het sy in Oom Hannes Uys se Kindersangkring gesing en haar matriek aan die Hoërskool Jan van Riebeeck, in Kaapstad, voltooi.

As kind was sy gedurig by een of ander Eisteddfod betrokke en het mimiek, voordrag en elokusie beoefen.

In 1972 verwerf sy haar dramagraad en doseer in Afrikaans aan ‘n opleidingskool in Afrikaans. Sy verhuis na Gauteng in 1974 en werk as aktrise by Truk, van 1975 tot 1976. Aan die einde van hierdie kontrak begin sy weer deeltyds skoolhou en werk ook deeltyds as kelnerin.

Met die vrystelling van die televisiereeks, Phoenix en Kie, word sy Jana Cilliers se spookstem en so word Kinders van die Wind ‘n groot treffer. Laurika het sewe plate-aanbiedings ontvang en haar loopbaan het floreer.

Sy ontvang in 1980 ‘n Sarie-toekenning vir die mees belowende sangeres, en daarna het vele toekennings gevolg, met die mees onlangse op 28 April, 2016, toe sy die ontvanger was van die Nasionale Orde van Ikhamanga: Brons van President Zuma vir bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

ALSO READ:

*albertonrecord.co.za/…/joshua-na-die-reen-promotes-his-new-album/

*albertonrecord.co.za/tag/music/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button