BusinessInternational

Disleksie – daar is hulp

Daar is hulp vir kinders met disleksie om hul lewens te vergemaklik.

KINDERS met disleksie is vandag ’n realiteit. Dit is ’n raaisel vir ouers en ander professionele persone wanneer ’n leerder beskik oor ’n normale intelligensiekwosiënt, sensoriese-, kognitiewe- en motoriese vaardighede, bly sukkel met lees en spelling. Hierdie verskynsel staan bekend as disleksie. Ouers is gewoonlik al raadop aangesien hul alle moontlike hulp vir hul kinders bied, maar die lees-en spellingprobleem verbeter nie. Hierdie kinders word soms gesien as lui of stout en ontwikkel maklik emosionele probleme.

Dit is belangrik om te besef dat ’n kind met disleksie dit baie moeilik vind om korrek te lees en/of spel. Dit is egter nie uit moedswilligheid dat ’n kind sukkel nie, aangesien niemand dit ‘kies’ om moeilik te lees en spel nie.

Hierdie probleem veroorsaak baie angs by ’n kind en daarom is dit so belangrik dat die kind reg gediagnoseer word en die nodige hulp ontvang. Hoewel disleksie altyd deel sal wees van so ’n persoon se lewe is daar sekere hulp wat hulle gebied kan word om hul lewens te vergemaklik. Dit is egter belangrik dat die persoon by die regte professionele persoon uitkom wat gekwalifiseerd is om ’n diagnose te kan maak.

Daar is sekere tekens wat voorkom wat op moontlike disleksie dui, naamlik:

  • Omkering van letters en syfers.
  • Uitlating van letters in ’n woord.
  • Stadige en huiwerige leesvermoë.
  • Verloor plek in ’n sin tydens lees en skryf.
  • Laat woorde en woordgedeeltes uit.
  • Onvermoë om woorde korrek uit te spreek.
  • Lettervolgorde van ’n woord is foutief.
  • Swak en/of stadige handskrif wat dikwels onleesbaar is.
  • Familiegeskiedenis van leesprobleme.
  • Swak koördinasie en probleme met links-/regs dominansies.
  • Onvermoë om verskille en ooreenkomste tussen woorde te identifiseer.
  • Swak korttermyngeheue.

Vir enige verdere inligting of hulp is u welkom om Helena Joubert te kontak by 083 613 1723 of ’n e-pos te stuur na joubert.helena@yahoo.com

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button