MunicipalNews

’n Straat vol riool

Inwoners is moeg vir die reuk.

RIOOL is in baie gebiede in Alberton ‘n teer punt, maar in Poetsstraat, Randhart, is inwoners net mooi keelvol vir dié probleem.

Hier vloei riool op ‘n gereelde basis die straat af en die stank is ondraaglik.

Die munisipaliteit kom wel uit om die probleem op te los, “maar dit is elke net tydelik,” verduidelik ‘n inwoner wat nie haar naam genoem wil hê nie. Kort voor lank stoot die riool weer op en dan is dit maar dieselfde storie van voor af.

Volgens die inwoner kry hulle net geen terugvoer van die munisipaliteit af nie.

“As daar wel op ons klagtes gereageer word, word die werk half gedoen en daar word nie een keer skoongemaak nie,” het dié inwoner gesê.

Die RECORD het ’n draai in die straat gaan maak en gesien hoe erg dit eintlik lyk.

Die riool wat al uitgedroog het, lê voor inwoners se huise saamgepak in die straat en die stank is oorweldigend.

 

“Dit is onhigiënies en dit kos ons baie geld om weekliks skoon te maak. Hoekom kan daar nie behoorlik na die probleem gekyk word nie?” vra die inwoner.

Die koerant het op 29 Augustus om 08:58 kommentaar by die munisipaliteit aangevra, en steeds geen terugvoer ontvang nie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Related Articles

Back to top button
X

.