LettersOpinion

Adendorff familie sê dankie

Hiermee wil ons as familie opreg dankie sê vir al die bemoedigende boodskappe

OP Sondag, 31 Julie, het George Adendorff sy stryd teen kanker verloor.

Hy het die afgelope 30 jaar ’n boukonstruksiemaatskappy (Adendorff Bouers) in Alberton bedryf en het soveel mense se lewens gedurende hierdie tyd aangeraak.

Hiermee wil ons, as familie, opreg dankie sê vir al die bemoedigende boodskappe, telefoonoproepe, besoeke en ruikers gedurende George se siekbed en afsterwe.

Ons wil graag, in besonder, vir Stepping Stone Hospice & Care Service, en spesifiek vir suster Engela Rademeyer bedank vir haar besoeke en ondersteuning.

Besondere dankie ook aan ds Piet Botha, van die NG Kerk Brackendal, en Kobus Booysen van Avbob, vir die roudiens van Vrydag, 5 Augustus, wat met soveel sorg hanteer is.

Ons waardeer dit opreg.

Adendorff Familie

 

ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button