Sport

Gauteng se boksspan wen groot

Boksers bring medaljes huis toe.

TALLE van die boksers in Alberton en die Suide is ingesluit in die Gauteng boksspan wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.

Die kampioenskappe het in Durban vanaf 28 Junie tot 2 Julie plaasgevind.

Die Gautengspan het drie brons medaljes, een silwer en twee goue medaljes verower. Voorsitter en afrigter van die Alberton Boksklub, Gert de Klerk, was een van die afrigters van die span. Nicky Ness van die Booysens Boksklub was ook een van die span se afrigters.

Related Articles

Back to top button