NewsSchools

Klasmaats kuier saam na halfeeu

Michiel le Roux, die oud-hoofseun en kaptein van 1966 se eersterugbyspan, is een van die stigters van Capitec en was een van net ’n handvol mense wat destyds met sewe onderskeidings kon spog.

HOËRSKOOL Alberton se 10A klas van 1966 het ’n lekker “voor-kuier” gehou na 50 jaar uit die skool.

Op Woensdag 18 Mei het ’n klas van die matrieks van 1966 ’n byeenkoms gereël om mekaar te sien voor hul reünie wat amptelik in Oktober gehou word. “Dis te lank om te wag vir Oktober, jy weet nie of ons almal nog hier gaan wees nie,” het een van die oud-Allies grappend gesê.

Die geselligheid het by A-Square-Forklift Alberton Rugbyklub plaasgevind.

Magda (Fourie) du Preez, destydse hoofmeisie, het gehelp om die byeenkoms te reël en sê dis vreemd, maar goed om almal weer te sien.

Michiel le Roux, die oud-hoofseun en kaptein van 1966 se eersterugbyspan, wat nou vir baie jare in Stellenbosch (Wes-Kaap) woon, is een van die stigters van Capitec en was een van net ’n handvol mense wat destyds met sewe onderskeidings kon spog.

“Dit is so lekker om almal weer te sien na soveel jare. Mens hou nie in kontak nie, so dis werklik wonderlik dat ons kan opvang en lekker gesels,” het Riana (Dreyer) Janse van Rensburg gesê.

Met die gemakllike, prettige atmosfeer wat geheers het, was dit asof almal sommer nog al die tyd saam gekuier het en die oud-Allies kon hulself bederf met drankies, koffie, en ’n lekker braai tydens hul kuier-sessie.

U mag ook belangstel in:

*albertonrecord.co.za/106354/oud-varing-leerders-hou-reunie/;

*albertonrecord.co.za/events/event/1o-jaar-reunie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button