Local NewsNews

Bekende skrywer kuier by damesklub

Vir meer inligting oor die klub, skakel Trix by 083 449 5446, Dini Jansen by 082 552 4683 of Martie by 082 417 5426.

BRUIN, oranje en geel was die kleure op die tafels tydens die Alberton Damesklub se maandelikse vergadering om die herfs seisoen voor te stel.

Die vergadering het op 12 Mei by die Alberton Aftree-Oord in Kirtzingerstraat plaasgevind. Trix van der Walt, voorsitter, het die vergadering gelei. Yvonne van Baalen het as lid van die organisasie bedank en Tas Koch het bedank as een van die bestuurslede.

Trix het oor Ans Badenhorst wat op 30 April aan ’n beroerte oorlede is, gepraat. “Ek het haar 35 jaar lank geken en sy was ’n merkwaardige vrou. Ons gaan haar baie mis,” het Trix met trane in haar oë gesê.

Die nuwe bestuurslede is ook tydens dié vergadering gekies. Trix is as die voorsitter herverkies. Ondervoorsitter is Martie Marnewick, Beatrix Ackerman is die tesourier en Bertha Engelbrecht die sekretaris. Addisionele lede is Sanette Neethling, Marlien van der Walt, Heleen Botha, Lorraine Theron en Dini Jansen.

Dr Johan Pretorius, bekende skrywer, was die gasspreker en hy het met lede oor van sy skryfwerk gepraat. Hy het meer gefokus om vir hulle te verduidelik hoe om te skryf en wat dit behels om ’n skrywer te wees. Johan was vir jare ’n pediater op Alberton en het eers nadat hy afgetree het begin skryf.

“Deur te skryf kan ’n mens help om van pyn ontslae te raak en dit is somtyds goedkoper as ’n afspraak by ’n sielkundige,” het hy gesê.

Hy het onder andere ‘Donker Kelder’ en ‘Die Dare’ geskryf.

Hy en sy vrou Attie is al vir 19 jaar getroud en sy is ook ’n lid van die damesklub.

Verder was vroue wat verjaar het, gelukgewens.

Die volgende vergadering is op 9 Junie om 10:00 by die Alberton Aftree-Oord.

Vir meer inligting oor die klub, skakel Trix by 083 449 5446, Dini Jansen by 082 552 4683 of Martie by 082 417 5426.

 

Related Articles

Back to top button