Local sportSport

Ontwikkelingstoernooi in Alberton

Ontwikkelings-bokstoernooi in Alberton.

ALBERTON Boksklub bied ’n Ontwikkelingstoernooi op 21 Mei aan.

Heelwat van die klubs in en om Alberton word uitgenooi om boksers na die toernooi te stuur. Die hoogtepunt is egter die nasionale span wat teen die Suid-Afrikaanse Proteas-span sal boks.

Almal word hartlik na die vriendskaplike toernooi uitgenooi wat talle aksiebelaaide gevegte sal insluit.

Die toernooi word in die Barry Vorstersaal in Alberton aangebied en begin om 13:00. Verversings sal te koop aangebied word.

Skakel Gert Greef om meer inligting te bekom by 082 261 1346.

Related Articles

Back to top button