Local NewsNews

Sonskyntak se lede vaar goed

Winnie ontvang 40 jaar diensknopie.

VLU-vroue van die Sonskyntak het op Maandag 4 April vir die 785ste keer bymekaar gekom om die maandelikse gebeure te bespreek.

Van die belangrikste punte was die uitslae van die Goue-Suide Konferensie wat op 12 Maart in Vereeniging plaasgevind het.

Uitslae is soos volg:

*Sonskyntak het 29 uit die 36 artikels ingehandig.

*Nege lede in totaal het deelgeneem.

*Dalien Groenewald het die meeste punte verower, naamlik 350 en Nicci du Preez die tweede meeste met 317 punte.

*Sonskyntak het 1 670 punte in totaal behaal met ā€™n gemiddeld van 72.6 persent.

*Die tak eindig sesde uit die 11 takke.

*Sonskyntak loop ook met twee eerste plekke weg vir Landbou en Handvlyt.

*Die trofeewenners was Nicci vir haar kreatiewe handvlyt en Marie Niemand vir die hoogste punt by die konferensie.

*In totaal het Sonskyntak twee eerste, vier tweede en vier derde pryse ontvang.

*In die blommerangskikkingafdeling was daar agt uit die moontlike 10 inskrywings wat twee tweede en twee derde pryse verower het. Babs de Wet, Dalien Groenewald, Dini Jansen en Hantie Dreyer was diegene wat baie kreatief met die blomme in die verskillende afdelings was. By die blomme-afdeling het diƩ tak 625 punte behaal.

*Vyf inskrywings, naamlik fotografie, handvlyt, hekelwerk, breiwerk, poƫsie en masjienwerk, het gekwalifiseer om deur te gaan na die kongres.

Winnie Kapousousoglou is tydens die vergadering as erelid verkies en sy het haar 40 jaar diensknopie ontvang. Winnie is al 90 jaar oud en is nog voltyds by die VLU betrokke. ā€œOns kyk op na haar,ā€ het die voorsitter, Dini Jansen, gesĆŖ.

Verder het vroue meer oor macramĆ©,ā€™n tipe hekelkoord, geleer. In sy bekendste vorm word macramĆ© gebruik om armbandjies, blomme, skoenlappers of enige ander vorm, te maak.

Op ā€™n hartseer noot het die tak se lede ook tydens die vergadering gehoor dat een van hulle lede, Hantie Dreyer, wat al vir 46 jaar lank betrokke was, bedank het. Hantie het afgesluit en gesĆŖ, ā€œMag Sonskyntak vir nog baie jaar voort skyn.ā€

Die vroue vergader weer op 9 Mei by die NG Kerk in Verwoerdpark. Vir meer inligting, skakel Dini by 082 552 4683.

Diegene wat belangstel, maar dit nie kan bywoon nie omdat hulle werk, word na die Wildekastaiing VLU-vergadering genooi. Die vergaderings vind maandeliks vanaf 19:00 by die NG Kerk se Oosgemeente plaas. Belangstellendes kan Elize Dickson by 074 118 8402 skakel.

 

Related Articles

Back to top button