Local newsNews

VLU-vroue leer meer oor mandalas

VLU-vroue van die Sonskyn-tak het Maandag, 7 Maart, weer bymekaar gekom vir hulle 784ste vergadering.

Een van die vergadering se hoogtepunte was die prysuitdeling waartydens Gertie Vermeulen die pryse ingeryg het. Sy het die prys vir die vrou met die hoogste punte, die hoogste gemiddeld sowel as die beste kanidaat by die Ope ontvang.

Jeanette Vorster het die hoogste punte in die hekel-afdeling gehad en Dalien Groenewald in die fotografie-afdeling.

Rene Bredenkamp, die VLU-streeksvoorsitter, het ook die vergadering bygewoon en Elize Dicksen van die Wildekastaiings VLU-tak het ’n praatjie oor mandalas gelewer. ’n Mandala is ’n geestelike- en rituele simbool in Indiese gelowe en in die algemeen word mandala as ’n generiese term vir enige diagram, grafiek of geometriese patroon wat die kosmos metafisies verteenwoordig, beskou. Die basiese vorm van die meeste mandalas is ’n vierkant met vier poorte met ’n sirkel met ’n middelpunt.

Die term mandala verskyn in die Rig Veda en word ook gebruik in ander godsdienste en filosofieë, veral Boeddhisme.

Dit is ook’n inkleurboek vir volwassenes. In verskeie geestelike tradisies, word mandalas gebruik vir fokus en dit word ook beskou as ’n geestelike leidingsinstrument vir die stigting van ’n heilige ruimte.

VLU-lede het almal ’n gesellige en insiggewende oggend geniet. Die volgende vergadering is op 4 April om 09:30 vir 10:00.

Lees ook :

Fotogalery : Sonskyn VLU-tak kom bymekaar

Dini lei weer VLU-tak

Eerste vergadering vir VLU

Related Articles

Back to top button