Local newsNews

CMR verwelkom Elrine

Irene van Wyk se pos word deur Elrine van Rensburg gevul.

INDIEN jy die kantore van die CMR Alberton in die afgelope 29 jaar besoek het, sou jy gegroet gewees het deur die vriendlike Irene du Toit.

Sy was werksaam by die CMR vir 29 jaar en het saam met die organisasie deur verskeie veranderinge en verwikkelinge gegaan. Toe sy daar begin het, was die kantore nog in die KG Sentrum in Alberton-Noord en het die CMR bestaan uit Irene en die maatskaplike werksters, Marita de Waal en Manda Pretorius. “Hoewel dit finansieel nie altyd so rooskleurig met die CMR gaan nie, was Irene altyd die een wat bly glo het en gebid het,” het ’n lid gesê.

Irene het verlede maand die organisasie verlaat omdat sy verhuis. Die CMR het van krag-tot-krag gegaan en is nou in ’n bevoorregte posisie om te spog met nuwe kantore in Leninstraat 18, Raceview.

Daar werk tans drie maatskaplike werkers, drie hulp maatskaplike werkers en ’n nuwe toevoeging tot die CMR familie Elrine van Rensburg. Elrine het op 15 Februarie Irene se skoene begin volstaan.

CMR-lede verwelkom Elrine en nooi inwoners uit om hulle te besoek.

Related Articles

Back to top button