LettersNewsOpinionSchools

Allies groet oud-onderwyseres

Onderwyseres sterf op die ouderdom van 63 jaar.

REINETTE van der Linde (63) was ’n ware Allie en ook ’n oud-leerling van Hoërskool Alberton. As onderwyseres in wiskunde was sy verbonde aan die personeel vanaf 15 Maart, l976, tot die einde van 2014.

Sy het ook as hoof van die wiskunde departement gedien en was deel van die bestuurspan. Reinette was bekwaam, toegewyd, pligsgetrou en altyd op haar pos. Onder die leerlinge was sy geliefd en gerespekteerd en sy het vir menige ’n beter toekoms geskep.

Ons groet haar en salueer haar nagedagtenis. Ons sal haar onthou vir haar sprankel, die feit dat sy alles op ’n draffie gedoen het, vir al die danspassies wat sy afgerig het, vir haar bedagsaamheid, vriendelikheid en die feit dat sy ten alle tye ’n dame was.

Sy is ons geliefde kollega en as sodanig sal sy bly voortleef in ons harte en gedagtes.

Leerlinge en personeel van Hoërskool Alberton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button