School sportSport

Allies skop stof in ander se oë

Dié prestige atletiekbyeenkoms het by die Herman Immelman Stadion plaasgevind.

ATLETE het onlangs omtrent hul beste voetjies voor gesit tydens ’n prestige atletiekbyeenkoms by die Herman Immelman Stadion op Germiston.

Hoërskool Alberton, wat ook die gasheer was vir die byeenkoms, was die wenners van die dag met 732 punte. In die tweede plek was Hoërskool Oosterlig met 698 punte, derde was Hoërskool Dinamika met 570 punte terwyl Alberton High se 388 punte hul ’n vierde plek in die sakkie gebring het.

Lehane Marais is as die beste junior dogtersbaanatleet aangewys en Riani van der Hoven en Dwayne Swart was die beste junior veldatlete. Drie van die Allie-atlete het ook trofees vir hul uitstekende prestasies ontvang.

Die leerlinge wat nie op die veld presteer het nie, het gesorg vir goeie gees op die paviljoene. Vier sangroepe van die skole het ook teen mekaar gekompeteer. Hoërskool Alberton het almal wat met dié dag gehelp het, bedank.

Lees Ook:

Laerskool Orion atlete wen aflosbyeenkoms

Fotogalery : Atlete sit hul beste voetjies voor

Related Articles

Back to top button