Local newsNewsSchools

196 atlete wys wat in hulle steek

Hierdie pragbyeenkoms is deur Laerskool Fontainebleau aangebied.

LAERSKOLE President Steyn, Randhart en Orion het onlangs aan die Laerskole Top 20 Atletiekbyeenkoms, by Ruimsig Stadion, deelgeneem. Die byeenkoms is deur Laerskool Fontainebleau aangebied en uit die 23 skole wat deelgeneem het, het 196 atlete by verskeie provinsiale kampioenskappe deelgeneem. Sewe-en-sestig atlete het aan die Nasionale Laerskole Atletiek Kampioenskappe deelgeneem en 31 atlete het medaljes tydens dié kampioenskappe gewen.

Elke skool het ’n span van 20 atlete ingeskryf. Appel van der Westhuizen, die organiseerder, het hierdie byeekoms geloods om top atlete groter blootstelling aan byeenkomste te gee. “Die byeenkoms het beslis ons verwagtige oortref en ons het pragvertonings van goeie atlete aanskou. Die wenskool is bepaal deur die Top 20 se uitslae per skool bymekaar te tel en daarna is ’n gemiddeld uitgewerk.”

Laerskool Randhart met 864 punte en Laerskool Orion met 819 punte het onder die top 10 skole geeïndig.

Related Articles

Back to top button