Local newsNews

Helpende Hand brei 46 komberse

Solidariteit Alberton het met die hulp van vrywilligers, 46 komberse gebrei en pragtige kindertruitjies gemaak vir minder bevoorregte bejaardes en kinders.

ALBERTON- Die Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak het vanjaar deelgeneem aan Brei-’n-Blok, Gauteng-Suid se streeksprojek.

Menige pensionarisse en vrywilligers het blokke gebrei of gehekel en die blokke aanmekaar vasgewerk om komberse vir minderbevoorregte kinders en bejaardes te maak. Die Alberton-tak het ongeveer 46 van die kleurvolste komberse ingekry.

Surina Erasmus, haar niggie en haar tante, wat bedlêend is met kanker, het die kreatiefste en oulikste truie vir kinders en volwassesenes gebrei en aan die tak geskenk.

Die Alberton-tak waardeer die vrywillige breiers se omgee gebare opreg.

Sodat hul ’n deurlopende en positiewe bydrae in die lewe van hulpbehoewendes kan lewer, benodig die tak skenkings van wol om die pensionarisse en ander vrywilligers aan die brei en hekel te hou.

Diegene wat graag wol of kontant skenkings wil bydra kan Mysi da Silva, die projekleier, kontak by 083 442 2259 of ’n e-pos stuur na jjpcdas@telkomsa.net.

Related Articles

Back to top button