CompetitionsLifestyle

WEN: ‘n Raps Voor Middernag Dubbel CD!

Of jy nou ’n ewige romantikus is of net sommer voor slapenstyd met rustige, meesleurende musiek wil ontspan, Raps Voor Middernag Volume 2 is dan nommerpas vir jou musiekversameling!

Fonnie du Plooy, die veteraan-omroeper op RSG, het jare lank sy luisteraars met die mooiste melodieë vermaak – of aan die slap gesus.

 

“Dit was vir my ‘n voorreg om die program aan te bied vir byna 37 jaar, ononderbroke, elke Saterdagaand.”

 

Oor die jare het die program nuwe name gekry maar die program het presies dieselfde gebly – ‘n program van liefdesliedjies.

 

“In 1976, het ek by die destydse Afrikaanse Radiodiens begin uitsaai.  Ek is gevra om die Saterdagaand-program Tot Middernag Slaan oor te neem.  In die tagtigerjare, het die diens Radio Suid-Afrika geword en my program is Skuins Voor Middernag genoem.  In die negentigerjare het die diens RSG geword en my program is ‘n Raps voor Middernag gedoop,” vertel Fonnie.

 

Die dubbel-album met 27 treffers is nie net ‘n bonus vir Fonnie se jarelange luisteraars nie, maar ook vir mense wat lief is vir romantiese en strelende musiek.

 

“Ek is opgewonder oor hierdie CD, want die eerste een het baie goed verkoop en komplimente het landwyd ingestroom.  Dit was baie moeilik om die liedjies te kies vir hierdie CD, want deur die jare het ek byna dertigduisend liefdesliedjies gespeel.”

 

Van die gewilde internasionale treffers van Elvis Presley (I’m Yours), John Denver (The Cowboy and the Lady), Jim Reeves (You’re The Only Good Thing That’s Happened to Me) tot die plaaslike sterre soos Annelie van Rooyen (Ek Wil Jou Ken), Rina Hugo (Troepie Doepie) en Gé Korsten (Ek Kyk Graag So Diep In Jou Oë), daar’s iets vir almal op hierdie album.

 

“My gunstelinge op die CD is The First Hello, The Last Goodbye van Roger Whittaker, Cry To Me van Steve Hofmeyr, We Will Make Love van Vangie Coker en Kronkelpad Beloftes van Stef Kruger, want dit bring ‘n traan in die oog.”

 

Raps Voor Middernag Volume 2 is beslis musiek vir die romantiese siele.

 

Tracklisting:

 

Side 1:

 

  1. Mantovani – Theme from Villa Rides
  2. Dozi & Nianell – Something Stupid
  3. Andre Schwartz – Dans Vanaand Met My
  4. Patricia Lewis – Ice Cream Days
  5. Elvis Presley – I’m Yours
  6. Anny Schilder – Every Night I Have A Dream
  7. Sweet People – A Wonderful Day
  8. Carike Keuzenkamp – Kaalvoet in die Reën
  9. John Denver – The Cowboy and the Lady
  10.    Vangie Coker – We Will Make Love
  11. Jim Reeves – You’re the Only Good Thing That’s Happened to Me
  12. Double Vision – Maori Love Song
  13. Amor – Kyk Diep In My Oë Vanaand
  14. Percy Sledge – What Am I Living For

 

Side 2:

 

  1. Hugo – Deur Die Straights
  2. Dennie East – Much More Love
  3. Annelie van Rooyen – Ek Wil Jou Ken
  4. Roger Whittaker – The First Hello, The Last Goodbye
  5. Helene Bester – Droom en Dans
  6. Steve Hofmeyr – Cry To Me
  7. Rina Hugo – Troepie Doepie
  8. George Zamfir / Harry van Hoof – Elvira Madigan
  9. Ge Korsten – Ek Kyk Graag So Diep In Jou Oë
  10. Kurt Darren – I Wanna Live
  11. Stef Kruger – Kronkelpad Beloftes
  12. James Last – Jamaica Farewell
  13. Martin Lane – Silent Confession

 

SO SKRYF JY IN:

SMS jou naam gevolg deur ‘RAPS’ na 36396 @ R 1.50 per SMS voor 26 Junie om ‘n kans te staan om ‘n CD te wen.

*As jy wen sal jy jou CD by ons Alberton kantore self moet gaan optel. Alterntief kan jy iemand stuur om dit namens jou op te tel. Geen pakkies sal gepos word nie.

Competition Terms and Conditions

Related Articles

Back to top button