Local newsNewsSchools

Derbytrofee pryk vanjaar by Dinamika

Namies is vanjaar die houer van die derbytrofee vir die groot skolestryd tussen die hoërskole Alberton en Dinamika, wat, net soos in 2014, op Alberton se veld plaasgevind het.

ALBERTON – Dinamika was bobaas in drie van die vyf rugbywedstryde.

In teenstelling met die vorige jaar, het Dinamika se seniorspan geleidelik beheer oorgeneem en twee drieë teen een vertel die hele rugbystorie.

Aanvanklik was dit ‘n gelykopstryd en, hoewel Dinamika rustyd met 3-0 voorgeloop het, na Armand Steyn se strafdoel, was daar min te kies tussen die twee spanne.

Dinamika se kaptein en agtsteman, Gernieu du Preez, het van voor gelei in die tweede helfte, en sy span is dan ook met die eerste drie van die flank, Eddy Enkerwitz, beloon.

Vyf minute later het Allies se haker, Gavin Bothma, gaan druk om die telbord op 8-5 te staan te bring. Die senter Bennie Botes se drie laat Dinamika nog verder verloop, wat dan ook die eindtelling tot 13-5 gebring het.

Dit bring die stryd tussen die twee spanne om die derby-wisseltrofee op twee elk te staan, sedert die instelling daarvan in 2012.

Allies wen in 2012 en 2014, met Dinamika die wenner in 2013, en nou weer in 2015.

Ander uitslae: Hoërskool Alberton se o.16-span wen met 24-5 en die o.15’s met 15-3, terwyl Dinamika se tweedespan met 27-10 aan die wenkant was, en hul o.14’s met 10-7.

Dinamika se eerste en enigste rugbyspringbok tot op hede, gevierde wêreldbeker Springbok van 31 toetse André Pretorius (2002 tot 2007), het uit Potchefstroom aan die Alberton REKORD‘n spesiale boodkap van gelukwense aan die skool en sy span gegee: “As oudleerling volg ek steeds Dinamika se vordering op die rugbyveld en ek is baie trots op hul verowering van die trofee. Dit bring baie goeie herinneringe terug van my skooldae in die Dinamika nommer 10 trui.”

Op dieselfde dag het Marais Viljoen, een week voor die Classic Clash teen Florida, ‘n pragoorwinning, van 38-14 oor Jeugland op Kempton Park behaal.

Die Alberton High eerstes val vas teen Goudrif met 11-18, maar die Alberton High o.16’s (33-10) en o.14’s (8-7) was aan die wenkant teen Goudrif, in Germiston.

Related Articles

Back to top button