EntertainmentLifestyle

Bejaardes hou kermis

Dit is weer tyd vir die groot fees by die Alberton Aftree-Oord, en die bal is aan die rol vir hul kermis wat Saterdag, 6 Junie, vanaf 9.vm plaasvind.

ALBERTON – Dieselfde gebak, soos by die Pannekoekden, naamlik pannekoeke, vetkoeke, kerrie en rys, jaffels, prego-rolle, boereworsrolle, hoenderrolle, tuisnywerheidtafel en koektafel, heerlike poedings en ribrolle sal aangebied word.

Dan is daar natuurlik koeldranke, tombola en spookasem en die oord vra die publiek se ondersteuning, aangesien dit ‘n fondsinsamelingsprojek is.

Kom kuier en eet saam. Tafels en stoele sal beskikbaar wees vir die gemak van besoekers. ‘n Kontantkroeg sal ook sorg vir verversings.

Tafels is beskikbaar vir uitstallers van buite, teen ‘n nominale fooi.

Vir enige verdere navrae, skakel die kantoor by 011 907 8641 tydens kantoorure (9.vm tot 1nm) en gesels met Cathy of Renie. Die oord is geleë in Kritzingerweg 45, Florentia.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button