Local newsNews

Muse van die melodie

Coert Grobbelaar veruil die glans van Europa se groot teaters vir 'n lewe saam met sy gesin.

ALBERTON- As vyfjaringe seun het Coert Grobbelaar die openingsaand van die opera bygewoon waarin sy pa gesing het. Net daar en dan het hy geweet dat hy in sy pa se voetspore sou volg. Hy het vas bly glo in sy droom, en in 1988 sing hy sy debuut in die Roodepoort Operahuis.

Coert en sy gesin bly op die familieplaas in Eikenhof. Hulle geniet die natuurskoon maar ook goeie restaurante soos Thaba en Thornbirds wat die omgewing bied. Coert is al 16 jaar betrokke geraak by die Abraham Kriel kinderhuis, en rig elke jaar die kinders af vir die Stars 4 Charity geleentheid.

Na ses jaar in die regte, studeer hy vir ses jaar by Prinzregenten teater in Munich en word ‘n gesogte Wagner tenoor in Europa. Hy het voor vele gehore opgetree, maar is nooit spyt oor sy besluit om terug te keer na Suid-Afrika en sy groot liefde, Christine, nie.

Die 80ste verjaarsdag van Mimi Coertse, waar hy opgetree het, is een van die hoogtepunte van sy loopbaan, asook die viering van die 950ste bestaansjaar van Mendelheim, waar hy net voor middernag saam met die seunskoor Ave Maria gesing het terwyl dit sneeu. Sy eerste optrede in die Pretoria Operahuis was ook besonder spesiaal.

Vanjaar tree hy onder meer op in twee operas en toer deur Suid Afrika met Afrikaanse kunsliedere wat hom baie naby aan die hart lê. Hy gaan ook betrokke wees by die Animato kompetisie vir skole.

Coert het die volgende advies vir aspirante sangers: “Moenie in jou gawes twyfel nie, dit het al vele kunstenaars gekelder en moenie jou fokus verloor nie. Doen deeglike navorsing oor die sangonderwyser wie jy kies. Dit kan jou stem maak of breek.

“Werk saam met ‘n goeie span mense wat jou ondersteun en kan bystaan in raad en daad. Oefen, oefen, oefen! Sang is 99 persent sweet en een persent inspirasie.”

Vir besprekings of sanglesse kontak Coert by grobbelaarcoert2.com of coert@polka.co.za

Related Articles

Back to top button