Doxa Deo oggend ‘n lafenis in ‘n droë seisoen

Die Doxa Deo se vroue-oggend was inderdaad 'n lafenis in 'n droë seisoen

ALBERTON- Die vrouebediening van Doxa Deo Meyersdal, Cherish, het afgeskop met ‘n inspirerende, geesvervulde oggend by Domino Dante in Albertoon-Noord.

Die spreker, Antoinet Viviers, het elke hart aangeraak met haar eerlike, inspirerende boodskap. Sy het verduidelik dat elke vrou in ‘n ander seisoen in haar lewe is en soms moet ons geduldig wag dat die nuwe seisoen aanbreek en God se woord vervul word in ons lewens.

Die proses kan soms lank en moeilik wees, maar die dames moet kies om vas te hou aan God se beloftes en seker maak dat hul harte ontvanklik is vir die saad wat God reeds geplant het.

Na ‘n heerlike ontbyt kon die dames na drie verskillende areas beweeg. By een “stasie” het die vrouens net ontspan, terwyl hulle hande gewas en met room gemasseer is.

”Stasie” twee was die profetiese stasie, waar die vroue op die Here gewag het vir ‘n spesiale woord oor hul lewens.

Baie dames het ‘n lang tyd by die kreatiewe tafel deurgebring, waar hulle kon sny, plak en nuwe vriende maak.

Die oggend was werklik baie spesiaal en ‘n lafenis in ‘n droë seisoen.

As jy deel wil wees van Cherish, bel gerus vir Antoinet by 011 867 5954 of stuur vir haar ‘n e-pos by antoinet.viviers@doxadeo.co.za

Related Articles

Back to top button