EntertainmentLifestyle

Doxa Deo Meyersdal vier Kersfees met ‘n mark en toneel

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer Doxa Deo Meyersdal hul jaarlikse Kersproduksie en Kersmark aanbied.

ALBERTON – Kom sluit die jaar af met ‘n voortreflike produksie, waar Melissa die gehoor op ‘n avontuur sal neem deur haar ondervindinge te deel.

Hashtag 12 is ‘n verhoudingstorie, wat vir elkeen van ons wie se lewens gevul is met ‘n verskeidenheid van verhoudings en op soek is na ‘n gehalte-lewe, beloof die produksie om ‘n hoopvolle boodskap in ligte trant oor te dra.

Elkeen in die gemeenskap word uitgenooi om ‘n piekniekmandjie te pak en saam met familie en vriende te kom kuier gedurende die produksie.

Die Doxa Deo Meyersdal Kersmark gaan daagliks oop wees, waar Kers-inkopies maklik gemaak word deur ‘n verskeidenheid uitstallers wat gehalte en interessante produkte uitstal.

Die produksie speel daagliks van 18 tot 21 November om 19:00. Die kaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders.

Die Kersmark is daagliks oop van 18 tot 22 November.

Vir enige navrae, kaartjieverkope of meer inligting kontak Doxa Deo Meyersdal Kampus op 011 867 5954 of stuur ‘n e-pos na elize.barnard@doxadeo.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button