LettersOpinion

Vele redes vir rioolprobleme in Alberton

Mnr Rabie 'n Alberton inwoner deel sy mening oor Alberton se riool probleme en moontlike oplossings.

ALBERTON – Weekliks rapporteer die REKORD oor riool wat in strate in die buurte uitvloei. Nie net is dit ‘n ernstige gesondheidsrisiko nie, maar is die probleem veel meer gekompliseerd.

Nuwe ontwikkelings word voortdurend goedgekeur sonder behoorlike, sinvolle impakstudies, aangesien dit winsgewende inkomste genereer. Die infrastruktuur voldoen beslis nie aan die vereistes wat dit stel nie, en word nie gereeld opgegradeer of in stand gehou nie.

Verder word allerhande afval en voorwerpe in die rioolstelsel gegooi. Ek doen ‘n beroep op die eetplekke (“take aways”) en restaurante om nie hul olies en afvalprodukte in die stelsel te gooi nie. Olies ondergaan chemiese reaksies wanneer dit in aanraking kom met ander chemikalieë en stol wat die stelsel verstop, selfs sover as ‘n kilometer vanwaar dit die stelsel ingaan.

Inwoners kla en mor gereeld oor die probleem, maar min is bereid om betrokke te raak. Hul jaag eerder deur die gemors met hul blink motors en versprei die probleem verder. Solank die gemors voor iemand anders se deur te lande kom bly hulle onbetrokke, en loer net deur vensters en oor heinings om vas te stel of die probleem nog bestaan. Skoliere moet ook daagliks deur die gemors voortbeur.

Die oproepsentrum en rioolspanne wat blokkasies verwyder, verdien egter ‘n pluimpie vir hul flinke en vriendelike diens en daag gewoonlik binne drie ure op om die probleem op te los.

Een van die nommers (011 999 2647) bestaan klaarblyklik nie, en dit is onmmontlik om kontak met enige bestuurder te maak. Hulle antwoord eenvoudig nie hul telefone nie, die kontak word afgesny, of die telefoon lui net.

Dankie tog dat die werkers op voetsoolvlak ‘n ander benadering het. Miskien kan die Metro die probleem aanspreek by wyse van inligtingsbrosjures, en hopelik is almal bereid om ‘n oproep te maak.

D Rabie

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button
X

.