Local newsNews

LewenSentrum reik uit na hul gemeenskap

LewenSentrum Alberton het onlangs ‘n welsyns projekaangepak.

ALBERTON – Die projek, Mini-miracles, se doelwit was om mense se lewens op ‘n praktiese wyse aan te raak deur die Evangelie van Christus.

Mini-Miracles was nie beperk tot een buurt nie, LewenSentrum gemeentes het gelyktydig hierdie uitreik gehou in Alberton, Oosrand, Vanderbijlpark en die Wesrand.

“Met ons visie, om God en mens liewer te hê, het ons ten doel om nie net ‘n verskil in mense se lewens te maak nie, maar eerder ‘n impak op honderde mense se lewens deur hulle lewens aan te raak, op te hef en noodleniging te voorsien,” het Jaques Bezuidenhout verduidelik.

Op die dag was daar 2 824 mense wat gebaat het by die projek. Minder bevoorregtes is gehelp deur middel van kospakkies, groentepakkies en komberse wat uitgedeel was.

Daar was ook kerrie en rys om te geniet, asook lekkergoedpakkies vir kinders.

Die kinders is vermaak deur vrywilligers van die Gons kinderkerk wat lekkergoedpakkies uitgedeel het. Daar was ook ‘n springkasteel en balle waarmee die kinders hulself kon besig hou.

Daar was 552 vrywilligers betrokke by die dag wat gesorg het dat alles goed afgeloop het.

“LewenSentrum sê baie dankie aan almal wat ons gehelp het om hierdie dag moontlik te maak om ons gemeenskap aan te raak en ‘n verskil in hierdie wintertyd te kon maak,” het Jaques bygevoeg.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button