Local newsLocal sportNewsSport

KYK: Alberton onderwyser harloop 100km in ‘n dag

Hy het net 12 ure gehad om 100km te voltooi. Om sy gees, en sy bene aan die gang te hou het hy in sy kop bly somme maak en aanhou tel hoeveel Bybels elke 5km sal verskaf

Op 27 Junie het Tian Basson, ‘n wiskunde onderwyser van Alberton, sy bene op die proef gestel deur ‘n teiken van 100km in ‘n tydperk van 12 ure te hardloop.

Tian, wat by Hoërskool Dinamika skool gee, het besluit om die langpad aan te pak om geld in te samel vir Sudan for Jesus, ‘n organisasie wat fondse insamel om Bybels vir mense in Sudan te verskaf.

Die idee om die marathonsessie aan te pak het na Tian gekom toe hy en sy vrou, Mariné, ook ‘n onderwyser by Dinamika, een dag gekyk het na die roetes in Rietvlei, en besef het die totaal van al die roetes saam, is omtrent ‘n 100km.

Vir Tian wat van jongs af reeds gehardloop het was die idee om die 100km in ‘n dag te voltooi onweerstaanbaar.
Hy wou egter ook vir ‘n doel hardloop en nadat hy met Sudan for Jesus in kontak gekom het, het hy die perfekte rede gevind om die 100km aan te pak.

Die verste wat Tian voor die Saterdag gehardloop het was 40km op ‘n dag. Ses uur die oggend, en na vele beplanning, het Tian sy eerste tree op die maraton sessie gegee.

“Die hoeveelheid ondersteuning was ongelooflik,” sê Tian.

Hy sê dat hy slegs sy vrou en ‘n paar ander mense verwag het. “Daar was nie ‘n oomlbik wat ek alleen hoef te gehardloop het nie. Ek het die heeltyd iemand saam met my gehad wat gehelp het die pas aangee.”

Ses ure later het Tiaan reeds 60km voltooi. Hier het hy egter ‘n rowwe punt in die hardloop getref aangesien hy die eerste 60km baie vinning voltooi het.

Na ‘n goeie ruskans was hy egter weer reg om verder te hardloop. Op 80 km het sy knie ook vir hom probleme begin gee, maar ‘n ruil van skoene het dié probleem opgelos.

Tian sê in sy kop het hy net aanhou somme doen oor hoeveel Bybels elke 5km sal verskaf en dit het hom die wil gegee om aan te hou. Tian het die 100km binne die beplande 12 ure voltooi “Dit was natuurlik die beste gevoel om die 100km te voltooi,” sê Tiaan.

Hy sê dat dit definitief iets is wat hy graag weer sal wil doen.

Armin Botha hardloop saam Tian Basson om te help pas aangee.

Related Articles

Back to top button