Local newsNews

Die Voortrekkers het ’n besoek van Linda Goodenough van Fidelity ADT ontvang

Hoe om boelies te hanteer.

BOELIES en die nagevolge van boelies het by die Suiderlig Voortrekker Kommando onder die soeklig gekom. Linda Goodenough van Fidelity ADT het op 7 Oktober by die kommando gaan kuier.

Die kommando het Linda genooi om met die kinders en hul ouers te kom gesels oor die gevaar van boelies in die skole.

Deur gebruik te maak van verwysing na die bekende Lion King het Linda gewys wie die mense is wat boeliery in die skole vererger.

Linda Goodenough het die Voortrekkers geleer wat om te doen as jy weet van ’n boelie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sy het ook vir die kinders laat woorde op balonne skryf wat goeie emosies en ervarings simboliseer.

Deur hierdie balonne toe te bars wys sy aan die kinders hoe boelies geluk uit hulle teikens se lewe vat.

Linda het die boodskap aan die Voortrekkers oorgedra dat as hulle of iemand waarvan hulle weet geboelie word, moet hulle met ’n volwassene praat daaroor.

Sy het verder vir hulle gesê om veral versigtig te wees met sosiale media en foto’s wat aangestuur word.

Related Articles

Back to top button