EntertainmentLifestyle

Manie Jackson maak weer harte bly by Emmanuel

Manie Jackson het die gehoor vermaak met liedjies wat aan almal se hartsnare gepluk het.

MANIE Jackson is al ’n ou bekende by Emmanuel, maar altyd welkom omdat die kuier so lekker is.

“Wat ’n heerlike oggend by Emmanuel,” het Hanta Schutte gesê. “Niemand anders as Manie Jackson het weer ons harte kom verbly.”

Manie het onder andere Palms van my hande spesiaal vir mense wat ’n seun op die grens verloor het gesing en Donker nag, wat Rudi Klaase vir hom geskryf het, gesing.

“Die gaste het dit so geniet, en elke keer ontvang Manie groot applous,” het Hanta verder vertel.

“Die gehoor het sy kwinkslae, sang en spesiale vertellings baie geniet, en natuurlik het hy met nog ’n verrassing gekom. Hy jodel! Almal het hande geklap en was net vrolik. Hy het ook ’n Liedjie vir my Ma gesing en hier-en-daar is daar ’n traan weggepink.”

Manie het afgesluit met Die Hemel Weet en daarna gegroet met Die Onse Vader.

Pieter Kok van Emmanuel het aan Manie ’n medalje oorhandig vir besondere diens vir al die jare wat hy by Emmanuel kom optree het. Daarna het almal lekker saam gekuier, ietsie te ete en drinke geniet en huistoe gegaan met ’n glimlag en ’n warm hart.

Die volgende Emmanuel byeenkoms vind op 17 Oktober om 9.30vm vir 10vm by Die LewenSentrum Alberton plaas, waartydens Jannie Moolman sal optree.

Die toegang is net ’n bord eetgoed en daar sal ’n donasie opgeneem word.

Vir verdere inligting kontak gerus vir Marelie Rabie by 011 864 1285 gedurende kantoorure.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button