NewsSchools

98% slaagsyfer vir Marais Viljoen

Die 98% verteenwoordig 242 matrieks wat geslaag het.

DIE slaagsyfer vir die matrieks van Hoërskool Marais Viljoen van 2017 was 98% wat die gemiddelde persentasie die afgelope paar jaar op 98.95% te staan bring.

Die 98% verteenwoordig 242 matrieks wat geslaag het met Lourika van Nieuwenhuizen wat ses onderskeidings behaal het en die skool se top presteerder was. Uit die suksesvolle kandidate het 63.6% van die matrieks universiteitstoelating verwerf. ’n Verdere 32% kwalifiseer om vir diplomas te gaan studeer.

Daar was ook nog vier leerders met vier onderskeidings elk, sewe leerders met drie, 19 leerders met twee en 79 met elk een onderskeiding.

Volgens die skoolhoof, Martie Heystek, is die konstante uitslae van ’n gemiddeld van 98% oor meer as ’n dekade weer eens bewys dat by Marais Viljoen daar deurlopend gekyk word na kwaliteit, volledige opvoeding eerder as uitskieters of uitskietjaargroepe.

Sy het verder gesê dat ’n skool altyd na ’n 100% slaagsyfer streef, maar dit spreek boekdele van die toewyding van die onderwysers om met wyd uiteenlopende jaargroepe nog steeds een van die hoogste, indien nie dié hoogste gemiddeld in Alberton, oor ’n dekade en langer te handhaaf – voorwaar ’n bewys van toewyding en volledige opvoeding.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button