Local newsNews

Aftree-oord sluit jaar af met familie-ete

Vanaf 6nm tot 10.30nm was dit ’n heerlike partytjie vir almal.

DIE Alberton Aftree-Oord, in vennootskap met Johnny’s Catering, het op 1 Desember hul jaarlikse Familie-ete en Dans ter afsluiting van 2018 gehou.

Hierdie geleentheid word elke jaar, vir die afgelope 14 jaar, by die aftree-oord, met komplimente van Johnny’s Catering, gehou. Dit is spesiaal vir die inwoners van die aftree-oord en hul families.

Bo en behalwe ’n driegang-maaltyd in die pragtige versierde saal van die aftree-oord, het Jason Bradley gaste vermaak. Jason het al voorheen op verskeie geleenthede in Alberton opgetree, en is elke keer vir sy wonderlike sang- en kitaartalent geprys.

VRIENDE: Ronell Mellett, George Mellett, Reina Ted en Bouw Ted.

Jonk en oud het hulself op die dansvloer geniet. Vanaf 6nm tot 10.30nm was dit ’n heerlike partytjie en geleentheid vir families om kwaliteit tyd saam te spandeer.

Willemien Coleman van Johnny’s Catering het gesê: “Hierdie geleentheid is elke jaar baie suksesvol en lekker. Ons kry dikwels komplimente van mense wat dit bywoon.”

NIE TE OUD VIR PARTYTJIE NIE: Voor: Egpaar Noreen en Walter Hunter. Agter: Willemien Coleman.
MUSIEK KUNSTENAAR: Jason Bradley.
NIE TE OUD VIR PARTYTJIE NIE: Voor: Egpaar Noreen en Walter Hunter. Agter: Willemien Coleman.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button