LettersOpinion

Alberton se goue jare

Oud-inwoner deel geskiedenis.

Daar was ’n tyd toe Alberton as dorp, hoog geag was in die land as geheel. Die dorp was ekonomies gesond en het op vele terreine die leiding geneem.

Nie net het die destydste stadsraad geen kapitaalprojekte soos die bou van paaie of elektrisiteitskemas aangepak sonder die beskikbaarheid van geld, wat spesifiek vir die doel gespaar was, nie. So is leningskoste deur deeglike beplanning in toom gehou en was lenings beperk. Instandhoudingskoste was deeglik voorsien, anders as vandag waar projekte aangepak word sonder om instandhouding in ag te neem – iets waarvan verval vandag ’n alledaagse gesig is.

Ek skryf ook oor die busdienste wat hier op tyd was. Alberton het ongeveer 30 busse met ’n uitsonderlike kleur met gereelde roetes na Thokoza en die middestad van Johannesburg bedryf, onder beheer van Kobus van Staden.

Daar was ook ’n groot werkswinkel wat al die raad se busse en al al die ander voertuie behoorlik versorg en herstel het. By dié werkswinkel het hulle selfs ou busse herstel en omskep in ’n rampbus wat in geval van rampe, groot of klein, in aksie kon kom. Dit het selfs met ’n klein operasiegerief gespog en is later as ’n mobiele kliniek gebruik wat reg deur die dorp diens kon lewer.

Dit was nog nie die einde nie. Die volgende projek was die opbou van ’n ou bus in ’n mobiele reisende biblioteek om sodoende die biblioteekdienste uit te brei.

Al hierdie projekte en geldelike beheer het Alberton ’n spogdorp gemaak met geld in die bank en deeglik beplande dienste so, ons mag maar praat van die goeie ou dae.

Johann van der Merwe – Florentia

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button