Local newsNews

Frikkie en Joan vier 60ste huweliksherdenking

Hulle deel hul liefdesverhaal en resep vir ’n suksesvolle huwelik.

FRIKKIE en Joan Maré het op 2 August hul 60ste huweliksherdenking gevier. Deur lief en leed het dié twee mekaar nog altyd bygestaan – hulle deel hul liefdesverhaal en resep vir ’n suksesvolle huwelik.

Frikkie het grootgeword in sy ouerhuis in Mapleton en Joan het op ’n plaas in Ventersdorp grootgeword. Later het Joan by ’n vriendin in Pretoria gaan woon en Frikkie het Glenroy toe getrek om as ’n stasievoorman te werk.

Joan se suster het in die stasiemeester se huis gewoon in Glenroy, baie naby aan die huis waar Frikkie gewoon het. Toe Joan vir haar suster gaan kuier het, het sy vir Frikkie ontmoet.

OP HUL TROUDAG: Frikkie en Joan Maré het albei absoluut pragtig en gelukkig op hul troudag 60 jaar gelede gelyk.

Hulle het toe gereeld by mekaar gekuier en sommer vinnig op mekaar verlief geraak. Uitendelik het Frikkie vir Joan die groot vraag gevra, en hulle is toe in Heidelberg getroud.

Nie lank daarna nie het Joan swanger geraak met die eerste van hul ses kinders, Kobus. Toe Kobus ’n jaar oud was, het die gesin Randwater Stasie, naby Kliprivier, toe getrek waar hulle vir 59 jaar gewoon het.

MOOISTE JONG PAARTJIE: Frikkie en Joan was stralend en dolverlief op hul troudag.

Hulle familie het intussen met nog vyf lede gegroei – Nolene, André, Frikkie Jr, Anja en Chinelle.

Nie lank gelede nie moes Frikkie en Joan ongelukkig verhuis omdat Joan baie siek geword het. Hulle bly tans by hul dogter, Anja, en haar man in Florentia. Joan word gelukkig met baie liefde en omgee deur haar man en kinders versorg en almal bid dat sy gou gesond sal word.

LEWENSLANGE LIEFDE: ’n Meer onlangse foto van ’n gesonde en gelukkige Joan en Frikkie.

Die paartjie deel hul resep vir ’n lang en suksesvolle huwelik: “Dankbaarheid dat ons so lank vir mekaar gespaar is, sowel as respek, toewyding en opofferinge. Liefde en omgee speel ook ’n groot rol in ’n suksesvolle huwelik. Mens moet mekaar bederf, maar ook soms ’n bietjie spasie gun.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button