Editor's noteLocal newsNews

Helpende Hand skep hoop vir Laerskoolkinders

Helpende Hand het hulp nodig met hul Skooltassieprojek om ten minste 70 skooltassies geborg te kry.

ALBERTON – Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak is weer druk besig om fondse in te samel om behoeftige laerskoolkinders ‘n gelyke kans in hulle skoolloopbaan te gee.

Met die nasionale Skooltassieprojek is daar tot op hede reeds 16 500 skooltassies aan behoeftige Afrikaanse graadeentjies regoor die land versprei.

“Helpende Hand glo dat armhoede uitgeroei kan word deur in opleiding te belê,” sê Judi Muller, die takvoorsitter. “Vir Helpende Hand begin dit reeds met die gevoel van hoop wat die nodige gereedskap vir hierdie kinders skep.”

Elke swart rugsakkie bevat ‘n skêr, gom, liniaal, witbord, inkleurpotlode, uitdraaikryte, klei, waterverf, legkaart, springtou en tennisbal. Alberton-tak pak saam met ander takke die tassies waarvan 64 in Alberton versprei sal word op 7 Desember.

Die Alberton-tak hoop om vir die 2014-jaar sowat 70 skooltassies teen R200 elk geborg te kry. Die Skooltassieprojek word volgende jaar ook na Gr2 en 3-leerlinge uitgebrei.

Om die projek in die toekoms te ondersteun en so ‘n kind ‘n beter geleentheid vir die toekoms te gee, kontak gerus vir Johan Olivier, die projekleier, by 083 457 8009 of stuur ‘n e-pos aan olivierjr@telkomsa.net

Related Articles

Back to top button