Local newsNews

Brandpunt fotoklub stel hul wenners vir Julie-maand bekend

Die junior wenner vir die maand was Albertino Gocalves met Geel blompot.

BRANDPUNT Fotoklub het hulle wenners vir die Junie kompetiesie bekend gestel.

Die maand se senior wenner was Peter Thomas met Dans in die Reën.

“Die danseres is plaaslike model Denise Fourie,” vertel Peter. “Nadat ek die dansfoto geneem het, het ek die glas met waterdruppels bo-oor geplaas om die gewensde effek te verkry.”

Die junior wenner vir die maand was Albertino Gocalves met Geel blompot.

“Ek is baie trots op my eerste stillewe foto wat die afdeling gewen het,” sê Albertino. Die stillewe tema vir die maand was geel.

GEEL BLOMPOT: Die junior wenner vir Julie was Albertino Goncalves.

Brandpunt Fotoklub is ’n Afrikaanse klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton. Hulle vergader een maal per maand en reël uitstappies tussen in vir fotogeleenthede.

Vir meer inlingting oor die klub skakel Reppies Repsold op 082 716 0688 of Peter Thomas op 078 191 1736.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button