![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/32149915_9478130387_28150.jpg)
HOËRSKOOL Alberton het vanaf 7 tot 12 Mei die skool se 70ste verjaarsdag gevier en hulle het groot gegaan.
Die hele week was daar iets prettigs vir leerders en onnies om te doen. Maandag het hulle ’n toutrekkompetisie gehad, Dinsdag lekker boeresports, Woensdag ’n Lip Sync kompetisie, Donderdag ’n Hemelvaartdiens saam met Laerskool President Steyn en op Vrydag het die onnies teen die eerste spanne van die skool kragte gemeet.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/31958414_9464135555_00403-520x390.jpg)
“Op Vrydag is die skool se nuwe netbalbane ook ingewy,” het Eline Jordaan, adjunkhoof, gesê.
Nie net het die skool 70 geword nie, maar dit was ook geesbou vir die groot Alberton Derby wat op 12 Mei plaasgevind het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/32222268_9952645806_35690-520x390.jpg)
Dr Jorrie Jordaan, die skoolhoof, het ook tydens die week ’n koek gesny en leerders en onderwysers het elkeen ’n stukkie gekry.
“Dit was ’n prettige week met baie vermaak en lag,” het Jordaan gesê.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/32104892_9474003854_20394-520x390.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/32430272_9497522518_42463-520x390.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/32222443_9479744687_35922-520x390.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/05/32281052_9952624506_03902-520x390.jpg)
READ:
Nuwe leerlingraad vir Hoërskool Alberton
Hoërskool Alberton blown away by Transvalia
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.