Local newsNews

Geliefde VLU-dame word 80

Sy sê dankie vir al haar vriendinne van Brackenhurst VLU.

HELENE Hattingh, ’n geliefde lid van die Brackenhurst VLU en Brackenhurst Blommeklub, het op 7 Mei haar 80ste verjaarsdag saam met haar vriendinne en mede VLU-lede gevier.

Tannie Helene verjaar eintlik op 5 Mei, maar sy het twee dae later haar verjaarsdagtee gehou en al haar Brackenhurst VLU-vriendinne genooi. Die geleentheid was by Rina Viljoen se huis gehou en dit was ’n heerlike vergadering met lekker tee, soetgoed en geselskap. Tannie Helene se verjaarsdagkoek was ’n besondere mooi skepping wat Barbara van Jaarsveld vir haar gebak het, en dit het ook heerlik geproe.

’n Bietjie meer oor tannie Helene

VLU-VRIENDINNE: Tannie Helene glimlag vir ’n groepfoto saam met haar liewe vriendinne van die Brackenhurst VLU.

Sy is ’n glansryke, geliefde vrou wat altyd lag en graag gesels. Sy is op 5 Mei 1938 in Rouxville, in die Vrystaat, gebore.

Op 16 Januarie 1960 is sy en haar oorlede man, Bert, getroud. Hy is in Wepener gebore. Hulle het later vier kinders gehad en in 1971 Heidelberg toe getrek en op Tamboekiesfontein geboer.

Helene sê sy is ewig dankbaar vir haar kinders. Sy sê ook sy was absoluut mal daaroor om op ’n plaas saam met haar familie te kon woon. Sy is ook versot op diere en sy was baie lief vir al die plaasdiere waarmee hulle geboer het.

Vandag het tannie Helene drie kinders oor (een by wie sy in Brackenhurst woon), sowel as ses kleinkinders en een agter-kleinkind.

VERJAARSDAGDAME: Helene Hattingh het op 5 Mei haar 80ste verjaarsdag gevier.

Tannie Helene is mees bekend vir haar betrokkenheid by die VLU. Dié kom al ’n lang pad – 27 jaar in totaal. Sy het in 2004 by Brackenhurst VLU aangesluit, maar voor dit was sy ’n VLU-lid in die Vrystaat.

Sy sê dankie vir al haar vriendinne van Brackenhurst VLU: “Ek kan julle almal net hartlik bedank vir al die jare wat ons kon saam wees, en dat ek so baie by julle kon leer. Dankie vir julle elkeen se vriendskap en wysheid. Julle is wonderlik!”

GESKENK: VLU-voorsitter Anna-Marie du Plooy (regs) gee namens almal teenwoordig vir Helene ’n
verjaarsdag geskenkpakkie.

READ:

Kosie Wiese vier sy 70ste verjaarsdag

GALLERY: Hoërskool Alberton 70ste verjaardag viering

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button