School sportSport

15 AR SCHOOLS RANDHART

Vier Ranties-atlete het deelgeneem en het nie net Laerskool Randhart nie, maar ook Gauteng met trots verteenwoordig.

DIE 2017/2018 atletiekseisoen het tot ’n einde gekom met die SA Kampioenskappe wat vanaf 15 tot 17 Maart in die Paarl by die Dal Josafat Atletiekstadium plaasgevind het.

Vier Ranties-atlete het deelgeneem en het nie net Laerskool Randhart nie, maar ook Gauteng, met trots verteenwoordig. Ongelukkig kon ’n vyfde Rantie nie by die SA’s deelneem nie as gevolg van SA atletiekbeleid wat ’n onder-nege verbied om aan die kampioenskappe deel te neem. Ruan Mulder, wat o-9 is, sou aan die o-10 1 200m deelgeneem het nadat hy ’n derde plek tydens die Gautengkampioenskappe behaal het.

Alida van Dyk (o-10) was sewende in die 80m, vierde in die 100m en het ’n puik derde plek in die 70m hekkies behaal.

Cayden Ramage (o-12) was vierde in die 150m hekkies en het ’n wonderlike tweede plek in die 75m hekkies behaal.

Charissa Botha het uitstekend gevaar met haar derde plek in die 800m en Jané Mulder (beide o-13) het ’n baie goeie vierde plek in die 1 500m behaal.

“Hierdie was voorwaar nog ’n puik seisoen vir Laerskool Randhart. Ons het nie net die Interlaer vir ’n 13de agtereenvolgende keer gewen nie, maar het 62 atlete by die Distrikkampioenskappe en 26 by die Gautengkampioenskappe gehad, saam met hierdie vier wat deur is na die SA Kampioenskappe.

“Aan al die afrigters, baie dankie vir die harde werk. Aan die atlete, baie geluk met ’n wonderlike seisoen. Natuurlik aan al die familie en Ranties-ondersteuners, baie dankie ook vir julle volgehoue bystand langs die veld,” het Michael Boucher van die skool gesê.

Read:

https://www.citizen.co.za/alberton-record/172960/atlete-presteer-by-sa-kampioenskappe/

https://www.citizen.co.za/alberton-record/171995/eerste-wedstryd-in-puk-reeks/

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button