NewsSchools

Dinamika nuus

Die skool deel graag nuusbrokkies met die gemeenskap.

HOËRSKOOL Dinamika deel graag nuusbrokkies met die gemeenskap. Dié sluit in nuus oor hul atletiek sukses, ’n tydelike verrykingsentrum wat deur juffrou Spies aangebied word, en die skool se harde werk om water in te samel.

Top atlete

Op 28 Februarie het 39 van Hoërskool Dinamika se atlete aan die Distrik (D6) atletiekbyeenkoms by die Germiston Stadion deelgeneem. Daar is altesaam 20 van Dinamika se atlete wat tans in die Distrikspan ingesluit is. Hulle het op 9 en 10 Maart aan die Gauteng Kampioenskappe by Pilditch, Pretoria gaan deelneem.

Tydelike verrykingsentrum

Mevrou Spies van Hoërskool Dinamika het vanaf 21 Februarie begin om elke Woensdagaand vir vier weke ’n verrykingsentrum aan te bied. Die doel van hierdie sentrum is om die leerders meer oor die periodieke tabel, sure en basisse te leer.

Hierdie sentrum word spesifiek vir 46 leerders van Laerskool Orion aangebied.

VERRYKINGSENTRUM: Mevrou Spies gee praktiese wetenskaplesse vir hierdie laerskoolleerders.

“Dinamika wil graag vir mev De Swart van Laerskool Orion bedank vir die geleentheid om deel van hierdie program te wees,” het Leandri Prinsloo namens die skool gesê.

Nadat mevrou Spies ’n demonstrasie gedoen het, het die kinders self ’n paar eksperimente uitgevoer. Mevrou Theron, ook van Hoërskool Dinamika, het tydens die demonstrasie vir mevrou Spies ’n helpende hand geleen.

Samel water in

“Hoërskool Dinamika het die nood in die Kaap besef en het nie twee keer gedink om ’n helpende hand uit te steek nie,” het Leandri Prinsloo namens die skool gesê.

Dinamika se personeel, ouers en leerders het altesaam 1 071.5 liter water ingesamel.

HARDE INSAMELING: Altesaam 1 071.5 liter water is deur almal ingesamel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button