Local newsNews

VIDEO: VLU Goue Suide maak iets oulik

Barbara wys toe vir almal hoe om dit stap-vir-stap te doen en dit vat nie eers tien minute nie.

DIE VLU Goue Suide Streek het die oggend van 24 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou. Dames was verras toe elkeen ’n kreatiewe pakkie gekry het om iets oulik daaruit te maak.

Die vergadering het begin, soos gewoonlik, met baie afkondigings en verwelkomings. Anna-Marie du Plooy het almal welkom geheet en Mienie Hewitt het met gebed geopen.

LUISTER: Die dames luister aandagtig hoe Anna-Marie du Plooy afkondigings maak.

Die kunstenaar van die dag vir bespreking was Jacques Bessenger en met ’n vinnige voorlegging het die dames meer oor hom geleer.

’n Opsomming van die voorlegging: “Jacques is gebore op 6 Februarie 1980. Hy is bekend vir sy rol as Renier de Kock wat hy in die sepie Erfsondes van 2009 tot 2012 vertolk het. Hy het in verskeie TV-reekse en rolprente gespeel en was ook by verskeie kunstefeeste.

“Sy lewe was nie altyd so lekker nie, maar vandag is hy dankbaar en streef na selfs gróter toekomsdrome. Jacques balanseer sy werk met joga, die gimnasium en sy sosiale lewe.”

Nadat dames meer geleer het oor hierdie jong man en nadat al die afkondigings gemaak is, was dit tyd vir ’n verrassing. Barbara Steenkamp en Mienie Hewitt het ’n kreatiewe aanbieding gedoen waartydens hulle die dames geleer het hoe om ’n baie oulike speldkussinkie te maak.

KUNSTENAAR VAN DIE DAG: Jacques Bessenger.

Elkeen, selfs die RECORD joernalis, het ’n sakkie ontvang met alles in wat ’n mens nodig het om die speldkussinkie te maak. Barbara wys toe vir almal hoe om dit stap-vir-stap te doen en dit vat nie eers tien minute nie.

KYK:

“Dit hoef nie net as speldkussinkies gebruik te word nie,” het sy gesê. “Reukolie kan ook daaroor gegooi word en dan kan mens dit in ’n kamer sit om lekker te ruik. Dit maak ook ’n oulike geskenkie.”

Nadat almal hulself in kreatiwiteit beleef het, het die vergadering afgesluit en was dit tyd vir tee en vingerhappies. ’n Heerlike eerste vergadering vir 2018 kom toe tot ’n einde.

Die volgende vergadering sal op 7 Februarie by die Brackenhurst NG-kerk vanaf 9.30vm plaasvind. Sluit gerus aan! Vir meer inligting, skakel vir Susie du Plooy op 082 465 0044.

SPELDKUSSINKIE: So lyk die speldkussinkies wat elkeen gemaak het.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button