Local newsNews

Liefde blom steed na 60 jaar

Die paartjie is ’n inspirasie vir baie.

“GEDULD en liefde is die groot resep vir ’n gelukkige huwelik van 60 jaar,” het Pieter (82) en Lucy (78) Janse van Rensburg gesê.

Die paartjie het op 31 Desember hulle 60ste huweliksherdenking gevier. Die RECORD het die paartjie besoek om hulle liefdesverhaal te hoor.

Pieter was 21 toe hy vir Lucy op ’n dansvloer ontmoet het. Hulle ouers was bevriend en die vriendskap tussen dié twee het toe liefde geword. Vandag is hulle ouers van twee kinders en vyf pragtige kleinkinders.

“Ons fokus was altyd op mekaar, ons kinders en ons kleinkinders en dit het ons ook gebring tot waar ons is vandag,” het die egpaar gesê.

Hulle het ook twee ander paartjies met wie hulle bevriend is wat ook op 31 Desember getroud is.

“Dit is so lekker want ons gaan gewoonlik uit om saam met hulle te gaan dans,” het Lucy gesê.

In hulle vrye tyd doen hulle eintlik net wat hulle wil maar hulle het ook gesê dat hulle gereeld die wildtuin besoek. Pieter het tydens die onderhoud genoem dat hy en sy beeldskone Lucy ’n lekker lewe het en dat hulle dinge nou dag vir dag vat.

Pieter het in Alberton grootgeword en Lucy in Elsburg.

“Almal vra altyd hoe ons so lank getrou gebly het aan mekaar, maar ons het tog ons lekker tye en slegte tye gehad; al wat ons gedoen het was om ons belofte wat ons voor God en familie en vriende gemaak het, te behou,“ het Pieter gesê.

Volgens Lucy is haar man se beste eienskap sy omgee-hart.

“Hyt nog altyd vir my gesorg en hy gee baie om oor my,” het sy gesê.

Pieter het weer genoem dat sy Lucy ’n baie geduldige mens is en dat hy haar onsaglik baie liefhet.

BAIE GELUK: Lucy en Pieter Janse van Rensburg is al vir 60 jaar lank getroud.

“Pieter kan die lekkerste kos kook en ek is gewoonlik buite in die tuin,” het Lucy gesê.

Een van hulle kleinkinders, Denise Dippenaar, het gesê dat haar ouma en oupa ’n groot inspirasie vir ander is.

Op die vraag van wat lê voor vir die toekoms of wat wil hulle nog saam doen, het die egpaar die geantwoord en gesê:

“Die Here sal ons lei.”

Hulle raad vir jong paartjies wat op trou staan is dat paartjies doodseker moet maak dat hulle ernstig is en dat hulle moet besef dat hulle mekaar moet respekteer en ook sal moet kan aanpas.

Lees Ook:

https://www.citizen.co.za/alberton-record/164223/crazy-in-love-after-57-years/

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button