NewsSchools

Welgedaan, Marais Viljoen matrieks 2017

Die skool se gemiddelde slaagsyfer vir die afgelope nege jaar is 99,04 persent, wat sonder twyfel 'n bewys is van die kwaliteit onderrig wat by die skool aangebied word.

HOËRSKOOL Marais Viljoen spog graag met hul fantastiese slaagsyfer en aantal onderskeidings wat hul leerlinge teen die einde van 2017 verwerf het.

Eduan Bruwer het vanjaar weer die nou bykans jaarlikse agt-onderskeidings-tradisie by Marais Viljoen voortgesit en is met agt onderskeidings die skool se top presteerder. Hy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, rekeningkunde, lewenswetenskap, rekenaartegnologie en fisiese wetenskappe verwerf.

Leonie Grobler is kort op sy hakke met sewe onderskeidings en Venita van der Bergh met ses. In totaal het die leerders van Marais Viljoen 146 onderskeidings behaal.

SEWE ONDERSKEIDINGS: Leonie Grobler was maar een onderskeiding kort om ook 2017 se top presteerder te wees.

Die skool spog met ‘n slaagsyfer van 98,8 persent van 247 matriekkandidate. Die skool se gemiddelde slaagsyfer vir die afgelope nege jaar is 99,04 persent, wat sonder twyfel ‘n bewys is van die kwaliteit onderrig wat by die skool aangebied word.

In elf van die vakke wat vir die matrieks aangebied word, het die leerders 100 persent behaal – oftewel, almal wat hierdie vakke geneem het, het geslaag.

Volgens die hoof, Martie Heystek, is sy en die personeel van die skool baie trots op die matriekgroep van 2017.

SES ONDERSKEIDINGS: Met ses onderskeidings onder die knie wag daar ‘n blink toekoms vir Venita van den Bergh.

“’n Mens mik altyd vir ‘n 100 persent slaagsyfer, maar die gemiddelde slaagsyfer van 99,04 persent oor nege jaar dui ongetwyfeld aan op die kwaliteit onderrig en opvoeding wat gelewer word,” het sy gesê. “Die leerders woeker met hul talente en ons as skool, saam met die ouers, moet hulle lei en ondersteun sodat elkeen sy/haar potensiaal bereik.”

Lees Ook:

https://www.citizen.co.za/alberton-record/164410/the-big-day-arrived/

https://www.citizen.co.za/alberton-record/164321/waterstone-college-class-of-17-excells-2/

https://www.citizen.co.za/alberton-record/164323/grace-trinity-matrics-jump-for-joy/

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button