NewsSchools

Sy pluk die vrugte van passie en harde werk

Jeandri Wilson is ’n talentvolle meisie met 'n blink toekoms.

JEANDRI Wilson (18) is een meisie wat beslis kan sê dat sy haar beste in haar 12 jaar skoolloopbaan gegee het en die vrugte daarvan gepluk het.

Dié leerder van Hoërskool Alberton het behoorlik tydens die skool se prysuitdeling uitgeblink.

Sy het die volgende toekennings ontvang:

  • Erekleure in kultuur ontvang saam met haar graad 12 redenaarsspan wat tydens die Gauteng finaal vierde plek behaal het.
  • Tydens die Radikale Leesfees het sy vir Afrikaanse prosa 93 persent gekry, vir Afrikaans poësie 95 persent, Engelse prosa 95 persent en English poetry 96 persent.
  • Nog erekleure vir Eisteddfod en redenaars word aan haar toegeken vir die vier goue sertifikate, 11 diplomas, drie itemwenners, tweede in die Afrikaanse afdeling, silwersertifikaat vir koor, diploma en itemwenner van die spreekkoor en diplomas en itemwenner vir groepredenaars wat sy verwerf het.
  • Sy het ook die Reunert kultuurtrofee gekry omdat sy aan verskeie kultuuraktiwiteite deelgeneem het en besonders daarin presteer het. Dit is ook die derde keer wat sy dié trofee vir haar besonderse prestasies op nasionale vlak verower het.
  • Jeandri het ook die Reunert Dienstrofee vir haar besondere diens aan die skool ontvang. Sy dien al vir vier jaar lank op die leerlingraad.
TWAALF JAAR VAN PRET: Jeandri Wilson is een van dié meisies wat kan sê sy het ’n goeie skoolloopbaan gehad.
  • Sy was ook ’n graad 12 dirigent.
  • Vir twee jaar lank was sy die groentjiekonsertafrigter.
  • Jeandri het ook vir drie jaar op die bemarkingskomitee gedien.
  • Sy was ook ’n VRL-lid van 2017.
  • Dan het sy ook met die hoogste toekenning in Hoërskool Alberton weggestap naamlik die Paul Kruger Trofee. Die trofee word gewoonlik vir die leerder wat haar skoolloopbaan aan Hoërskool Alberton die hoogste gehalte diens, lojaliteit en prestasie gelewer het. Jeandri was die ontvanger van die Renuert Kultuurtrofee, die Reunert Dienstrofee, die Kabous Koegelenberg Kultuurtrofee en die Jan Coetzee Skild. Sy het op sportgebied uitgeblink en was een puik leerder.

Een berig het nie genoeg plek om al haar prestasies deur haar skoolloopbaan op te som nie. Teen die tyd wat hierdie berig verskyn het Jeandri reeds haar eindeksamen voltooi.

Oor dit en dat

Haar stokperdjies is swem en netbal en sy is lief daarvoor om te bak. In haar vrye tyd spandeer sy graag tyd saam met haar vriende en familie.

Sy het baie mense wat haar inspireer, maar haar grootste inspirasie is God omdat Hy haar met soveel talente geseën het. Jeandri wil graag na skool aan die Universiteit van Pretoria haarself as ’n onderwyser bekwaam en hier het haar ma, Luzette, haar geïnspireer omdat sy al vir 27 jaar ’n onderwyseres by Hoërskool Alberton is.

“Ek wil skoolhou vir kinders van graad nul tot drie, juis omdat my oupa, David Viljoen, my as kleuter altyd bygestaan het en my so baie geleer het. Ek was baie bang op daai stadium van my lewe en hy het alles net beter gemaak. Hoewel hy nou oorlede is, bly hy steeds my inspirasie.

“Ek wil net noem dat almal in my familie baie ondersteunend is en dat elkeen van hulle ’n belangrike rol in my lewe speel. Ek kan elke dag net dankie sê vir die wonderlike mense in my lewe,” het Jeandri gesê.

Haar opsie B is sang omdat sy ’n passie daarvoor het.

“Ek sal goeie navorsing moet doen voordat ek eendag ’n sangloopbaan sal kan volg.”

Volgens haar is dit baie belangrik om altyd ’n positiewe gesindheid te hê, want met dit bereik jy alles.

Tydens die onderhoud toe die RECORD haar gevra het om haarself te beskryf, het sy die volgende gesê: “Ek is ’n unieke skepsel van God. Ek is ’n lojale, vriendelike en passievolle meisie wat nog haar hele lewe voor haar het. Dit maak nie saak wat ek doen nie, ek wil seker maak ek doen dit voluit en met passie.”

Haar ouers is ook ongelooflik trots op haar en wens haar net die beste vir die toekoms toe.

Namens die RECORD baie geluk Jeandri met die uistekende prestasies en baie sterkte met jou toekoms.

Lees Ook:

Hoërskool Alberton blown away by Transvalia

Hoërskool Alberton verwelkom nuwe hoof

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button